Tuesday 17 June 2014

Dankie aan die Overberg Boere
















Aan al die Grondeienaars en Boere van die Overberg Distrik,

Na die afloop van ons twee baie suksesvolle Field Trials in Mei vanjaar in die pragtige Overberg distrik is dit vir ons, die Western Cape Field Trial Club baie belangrik om opreg dankie te sĂȘ aan die grondeienaars en boere van die kontrei.  Sonder julle ondersteuning en samewerking sou dit nie vir ons as gasheer klub moontlik gewees het om die Field Trials aan te bied nie.  Ons beskou dit as ‘n reuse voorreg om julle plase te gebruik!  Dankie.

Die pas afgelope twee Field Trials het ‘n totaal van 45 ‘handlers’ en 82 pointer honde na julle pragtig streek gebring.  Deelnemers het hierdie jaar van sover as Zimbabwe, Natal, Gauteng en die Oos Kaap gereis.  Dit bly vir ons klub ‘n reuse kompliment dat ons jaarlikse Field Trials so goed ondersteun word deur die Field Trial gemeenskap en dit kan slegs  toegeskryf word aan die goeie toestand van die veld op die plase en die gasvryheid van julle streek.

Die WCFTC vier hierdie jaar sy 14de bestaansjaar.  Alhoewel ons ‘n baie jong klub is, is die sport van Field Trialing meer as ‘n 100 jaar oud in Suid Afrika.  Ons hoop met julle volgehoue ondersteuning om ook Field Trailing in die Wes Kaap ‘n eeue oue tradisie te maak.

Nogmaals dankie aan al die boere van die Greyton, Riviersonderend, Rietpoel en Napier omgewing.

Beste Wense


Western Cape Field Trial Club komitee